Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/17 Maart
Voorkoms
- 1901 – 'n Uitstalling van 71 skilderye deur Vincent van Gogh veroorsaak 'n opskudding in Parys, 11 jaar na sy dood.
- 1956 – Die Suid-Afrikaanse operasangeres Mimi Coertse maak haar debuut by die Weense Staatsopera as die Koningin van die Nag in Mozart se Die Towerfluit.
- 1958 – Vanguard 1, die eerste sonkragaangedrewe satelliet, word gelanseer. Dit is die oudste mensgemaakte voorwerp wat vandag nog in die ruimte is.
- 1966 – Die Universiteit van Zambië se eerste studente word geregistreer.
- 1992 – In die Suid-Afrikaanse referendum van 1992 stem 68,7% van die stemgeregtigdes vir die begin van onderhandelings om 'n einde aan apartheid te bring.