Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/18 Desember
Voorkoms
18 Desember: Nasionale Dag in Katar (1878).
- 1787 – New Jersey word die 3de deelstaat van die Verenigde State.
- 1865 – Slawerny in die Verenigde State word afgeskaf met die aanneming van die Dertiende grondwetwysiging tot die Amerikaanse grondwet.
- 1892 – Die eerste opvoering van die Russiese komponis Pjotr Tsjaikofski se ballet, Die Neutekraker, word in Sint Petersburg gehou.
- 1946 – Gebore: Steve Biko, anti-apartheidsaktivis en leier van die Swartbewussynsbeweging.
- 1987 – Die Programmeertaal Perl word deur Larry Wall vrygestel.