Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/18 Februarie
Voorkoms
18 Februarie: Onafhanklikheidsdag in Gambië, (1965)
- 1546 – Martin Luther, die Duitse Protestantse teoloog en hervormer, sterf op sy geboortedorp, Eisleben.
- 1861 – Met Italiaanse vereniging amper voltooi, neem koning Victor Emmanuel II van Piëmont, Savoje en Sardinië die titel koning van Italië aan.
- 1930 – Clyde W. Tombaugh ontdek Pluto, sedert 2006 'n dwergplaneet.
- 1932 – Die Japannese Ryk vestig Mantsjoekwo, 'n marionettestaat in Noordoos-China, tydens die Chinees-Japannese Oorlog.
- 1945 – Die term Ystergordyn word vir die eerste keer in 'n artikel van die Duitse dagblad Das Reich gebruik om die skeiding tussen die Duitse en die Russiese invloedsfeer aan te dui.
- 1952 – Griekeland en Turkye sluit by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) aan.