Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/1 Julie
Voorkoms
1 Julie: Kanadadag (1867); Republiekdag in Ghana (1960); Onafhanklikheidsdag in Rwanda (1962)
- 1867 – Kanadadag: Die Kanadese Federasie word volgens die British North America Act deur die vier provinsies Nieu-Brunswyk, Nova Scotia, Ontario en Quebec gestig, en ontvang sy onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk.
- 1903 – Die eerste Tour de France-fietsresies word aangebied.
- 1904 – Die eerste Olimpiese Somerspele in Noord-Amerika open in St. Louis, Missouri.
- 1994 – Jasser Arafat beëindig 27-jaar van bannelingskap en keer terug na die Gasastrook.
- 1997 – Die Verenigde Koninkryk oorhandig beheer van Hongkong aan die Volksrepubliek China.
- 2013 – Kroasië verlaat die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms en word lid van die Europese Unie.