Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/20 Augustus
Voorkoms
20 Augustus: Sint Stefanusdag/Staatsstigtingsdag in Hongarye; Dag van die herinstelling van onafhanklikheid in Estland (1991).
- 1882 – Tsjaikofski se "1812-overture" word vir die eerste keer opgevoer, in die Katedraal van Christus die Verlosser in Moskou.
- 1955 – Algerynse rebelle val Franse teikens in die distrik Constantine aan. Meer as 500 sterf en 200 word gewond. In Marokko betoog nasionaliste in die strate teen die Franse afsetting van die sultan van Marokko.
- 1960 – Die Mali-Federasie, wat uit Senegal en Mali bestaan het, word ontbind.
- 1968 – 200 000 troepe en 5 000 tenks van lande van die Warskou-verdrag val Tsjeggo-Slowakye binne om die Praagse Lente te beëindig.
- 1991 – Estland verklaar in die Singende Rewolusie sy onafhanklikheid van die Sowjetunie.