Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/24 Maart
Voorkoms
- 1603 – Koning Jakobus I word die eerste Britse heerser wat gelyktydig oor Skotland, Engeland en Ierland heers.
- 1882 – Robert Koch kondig die ontdekking aan van die bakterie wat tuberkulose veroorsaak.
- 1944 – Tweede Wêreldoorlog: Gevange Geallieerde soldate begin die Groot Ontsnapping (Engels: Great Escape) toe hulle ontsnap uit die Stalag Luft III, 'n krygsgevangenekamp wat deur die Luftwaffe bedryf is.
- 1976 – President Isabel Perón van Argentinië word ontvoer en afgesit in 'n bloedlose staatsgreep.
- 1993 – Die komeet Shoemaker-Levy 9 word in 'n wentelbaan om Jupiter ontdek.