Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/25 Desember
Voorkoms
25 Desember: Kersfees (Westelike Christendom; Gregoriaanse kalender); Quaid-e-Azam-dag in Pakistan.
- 800 – Pous Leo III kroon Karel die Grote as keiser, 'n titel wat nie in die Weste gebruik is sedert die troonafstand van Romulus Augustulus in 476 nie.
- 1497 – Vasco da Gama ontdek Durban se natuurlike hawe.
- 1635 – Oorlede: Samuel de Champlain, Franse ontdekker, navorser, pionier en eerste goewerneur van Nieu-Frankryk (Kanada).
- 1776 – Slag van Trenton: George Washington steek die Delawarerivier oor en oorwin die Hesse.
- 1991 – Michail Gorbatsjof bedank as president van die Sowjetunie.