Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/2 Februarie
Voorkoms
2 Februarie: Marialigmis (Westelike Christendom); Groundhog-dag in Kanada en die Verenigde State.
- 1848 – Die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog eindig met die ondertekening van die Verdrag van Guadalupe Hidalgo, wat aan die Verenigde State die Meksikaanse Oordrag toeken.
- 1863 – Jan Brand word tot president van die Oranje-Vrystaat verkies.
- 1882 – Die Ierse skrywer en digter James Joyce word in Dublin gebore.
- 1970 – Bertrand Russell, Britse logikus, filosoof en wiskundige, sterf.
- 1990 – President F.W. de Klerk kondig by die opening van die parlement aan dat die ANC en ander groepe ontban en Nelson Mandela vrygelaat sou word. Dit lei tot die einde van apartheid en die daarstel van 'n volle demokrasie in Suid-Afrika.