Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/30 Maart
Voorkoms
30 Maart: Landdag in Palestynse gemeenskappe (1976).
- 1856 – Die Krimoorlog word met die ondertekening van die Vrede van Parys beëindig.
- 1867 – Die Amerikaanse minister van buitelandse sake William H. Seward beding die aankoop van Alaska van Rusland.
- 1912 – Sultan Abdelhafid teken die Verdrag van Fez, wat van Marokko 'n Franse protektoraat maak.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Wang Jingwei word deur Japan as hoof van die marionetregering in China aangestel.
- 1954 – Die Toronto Transit Commission open die eerste moltreinstelsel in Kanada.