Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/4 Februarie
Voorkoms
4 Februarie: Onafhanklikheidsdag in Sri Lanka (1948)
- 1794 – Tydens die Franse Rewolusie word slawerny in Frankryk en al sy kolonies afgeskaf.
- 1859 – Konstantin von Tischendorf ontdek die Kodeks Sinaiticus, 'n 4de-eeuse manuskrip van die Nuwe Testament, in 'n klooster aan die voet van die Sinaigebergte in Egipte.
- 1936 – Radium E. word die eerste radioaktiewe chemiese element wat sinteties vervaardig word.
- 1961 – Die chemiese element Lawrensium word by die Berkeley-stralingslaboratorium in Kalifornië in die Verenigde State sinteties vervaardig.
- 2003 – Die Bondsrepubliek Joego-Slawië verander sy naam in Serwië en Montenegro.