Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/8 Junie
Voorkoms
- 1867 – Keiser Frans Josef I van Oostenryk word as koning van Hongarye gekroon.
- 1926 – Emily Hobhouse, kampvegster vir die verbetering van toestande in die konsentrasiekampe tydens die Tweede Vryheidsoorlog, sterf.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Die geallieerde magte onttrek uit Narvik in Noorweë, wat daartoe lei dat die Nore hulle wapens in Noorweë moet neerlê.
- 1949 – George Orwell se politiese roman Nineteen Eighty-Four word gepubliseer.
- 1967 – Sesdaagse Oorlog: Die intelligensieskip USS Liberty word deur die Israeliese Verdedigingsmagte aangeval in die USS Liberty insident. 34 Amerikaners sterf.