Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/9 Julie
Voorkoms
9 Julie: Onafhanklikheidsdag in Argentinië (1816) en Suid-Soedan (2011).
- 1810 – Die Koninkryk van Holland word deur Frankryk geannekseer.
- 1942 – Holocaust: Anne Frank se gesin begin skuil in 'n solder bo haar vader se kantoor in 'n Amsterdamse pakhuis.
- 1979 – Die Amerikaanse ruimtetuig Voyager 2 vlieg by Jupiter verby en stuur talle foto's van Jupiter en sy mane terug.
- 2002 – Die Afrika-unie word in Addis Abeba, Ethiopië, tot stand gebring.
- 2011 – Suid-Soedan verklaar as gevolg van 'n positiewe referendum sy onafhanklikheid van Soedan.