Soedan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hierdie artikel handel oor die land. Vir die gebied, sien Soedan (gebied).
جمهورية السودان
Jumhūrīyat as-Sūdān (Arabies)
Republic of the Sudan (Engels)
Republiek van Soedan
Vlag van Soedan Embleem van Soedan
Vlag Embleem
Nasionale leuse: النصر لنا
An-Naṣr lanā
(Arabies vir: "Oorwinning is ons s'n")
Volkslied: نحن جند الله، جند الوطن
Nahnu Jund Allah Jund Al-watan
(Arabies vir: "Ons is die soldate van God, die soldate van die Moederland")
Ligging van Soedan
Hoofstad Khartoem

15°38′N 32°32′O / 15.633°N 32.533°O / 15.633; 32.533

Grootste stad Omdoerman
Amptelike tale Arabies en Engels[1]
Regering Federale Islamitiese
dominante party
presidensiële republiek
Omar al-Bashir
Bakri Hassan Saleh
Hassabu Mohamed Abdalrahman
Onafhanklikheid
Vorming
• Nubiese koninkryke
• Sennar-dinastie
• Unifikasie met Egipte
• Anglo-Egiptiese Soedan
• Onafhanklikheid van die
Verenigde Koninkryk
en Egipte
• Huidige grondwet


3500 v.C.
1504[2]
1820
1899


1 Januarie 1956
9 Januarie 2005
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
1 886 068 km2  (15de)
728 215 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2015-skatting
 - 2008-sensus
 - Digtheid
 
40 235 000[3] (35ste)
30 894 000[4] (omstrede)
21,3 / km2
55,2 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2017-skatting

$192,509 miljard[5]
$5 052,8[5]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2017-skatting

$69,176 miljard[5]
$1 815,7[5]

MOI (2013) 0,473[6] (166ste)  –  medium
Gini (2009) 35,3[7] –  laag
Geldeenheid Pond (SDG)
Tydsone
 - Somertyd
OAT (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLD .sd, سودان.
Skakelkode +249
Nasa-Satellietbeeld van Soedan
Kaart van Soedan en Darfoer

Soedan (Arabies: السودان‎ as-Sūdān, Engels: Sudan), amptelik die Republiek van Soedan (Arabies: جمهورية السودان Jumhūrīyat as-Sūdān, Engels: Republic of the Sudan), is 'n land in Noord-Afrika en die derde grootste land van AfrikaAlgerië en die Demokratiese Republiek van die Kongo. Dit grens aan Libië in die noordweste, Egipte in die noorde, Tsjad en die Sentraal-Afrikaanse Republiek in die weste, Suid-Soedan in die suide, Ethiopië en Eritrea in die ooste en die Rooisee in die noordooste. Khartoem is die hoofstad en Omdoerman is die grootste stad van Soedan.

Soedan het 'n oppervlakte van 1 886 068 km² en 'n bevolking van 40 235 000 in 2015 gehad. Die Nylrivier vloei in suid-noordelike rigting deur die land, wat deur die saamvloei van die Blou Nyl en die Wit Nyl in die metropolitaanse gebied van Khartoem-Omdoerman-Bahri gevorm word. Op 9 Julie 2011 verklaar Suid-Soedan sy onafhanklikheid van Soedan; voordat was Soedan volgens oppervlakte die grootste land van Afrika.

Die naam van dié land is afgelei van die geografiese gebied Soedan, wat suid van die Sahara van Wes- tot Oos-Sentraal-Afrika streek. Dit is afkomstig van die Arabiese bilād as-sūdān (بلاد السودان) en beteken "land van die Swartes", 'n uitdrukking wat ná Wes- en Noord-Sentraal-Afrika verwys.[8]

Die regering van Soedan onder president Omar al-Bashir word gereeld vir sy menseregskendings teenoor etniese en religieuse minderhede gekritiseer. Die president word deur die Internasionale Strafhof weens oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom gesoek.[9]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) 2005 constitution in English”. URL besoek op 7 Augustus 2014.
  2. (en) Rayah, Mubarak B. (1978). Sudan civilization. Democratic Republic of the Sudan, Ministry of Culture and Information. p. 64. 
  3. (en) United Nations world population prospects”. Verenigde Nasies: 2015. URL besoek op 2 Maart 2017.
  4. (en) "Discontent over Sudan census", News24, 21 Mei 2009. URL besoek op 2 Maart 2017.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 (en) Soedan”. Internasionale Monetêre Fonds. URL besoek op 2 Maart 2017.
  6. (en) 2014 Human Development Report Summary”. pp. 21–25 United Nations Development Programme: 2014. URL besoek op 2 Maart 2017.
  7. (en) GINI index”. Wêreldbank. URL besoek op 1 Augustus 2014.
  8. (en) International Association for the History of Religions (1959), Numen, Leiden: EJ Brill, p. 131, "West Africa may be taken as the country stretching from Senegal in the West, to the Cameroons in the East; sometimes it has been called the central and western Sudan, the Bilad as-Sūdan, 'Land of the Blacks', of the Arabs" 
  9. (en) The world's enduring dictators”. CBS News: 16 Mei 2011. URL besoek op 2 Maart 2017.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]


 
Lande en gebiede in Afrika

Lande: Algerië | Angola | Benin | Botswana | Burkina Faso | Burundi | Comore-eilande | Demokratiese Republiek van die Kongo | Djiboeti | Egipte | Ekwatoriaal-Guinee | Eritrea | Ethiopië | Gaboen | Gambië | Ghana | Guinee | Guinee-Bissau | Ivoorkus | Kaap Verde | Kameroen | Kenia | Lesotho | Liberië | Libië | Madagaskar | Malawi | Mali | Marokko | Mauritanië | Mauritius | Mosambiek | Namibië | Niger | Nigerië | Republiek van die Kongo | Rwanda | São Tomé en Príncipe | Senegal | Sentraal-Afrikaanse Republiek | Seychelle | Sierra Leone | Soedan | Somalië | Suid-Afrika | Suid-Soedan | Swaziland | Tanzanië | Togo | Tsjad | Tunisië | Uganda | Zambië | Zimbabwe

Omstrede gebiede: (Cabinda - Galmudug - Puntland) - Somaliland - Wes-Sahara
Afhanklike gebiede: Brits: Sint Helena, Ascension en Tristan da Cunha | Frans: Mayotte - Réunion | Portugees: Madeiraeilande | Spaans: Kanariese Eilande - Ceuta en Melilla

Lande van: Asië - Europa - Noord-Amerika - Oseanië - Suid-Amerika
Karibiese gebied - Midde-Ooste - Sentraal-Amerika