Willi Münzenberg
Willi Münzenberg | |
Leenmanstrou | Sowjetunie |
---|---|
Persoonlike inligting | |
Geboorte | 14 Augustus 1889 Erfurt |
Sterfte | 0 Junie 1940 (op 50) Saint-Marcellin |
Nasionaliteit | Duits |
Beroep | Politieke aktivis |
Willi Münzenberg (* 14 Augustus 1889 in Erfurt; † Junie 1940 in Saint-Marcellin, département Isère, Frankryk) was 'n Duitse kommunis, uitgewer en rolprentvervaardiger. Met sy uitgewery Neuer Deutscher Verlag, sy Berlynse dagblaaie Welt am Abend, Berlin am Morgen en Arbeiter Illustrierte Zeitung (AIZ) was hy een van die invloedrykste verteenwoordigers van die Kommunistiese Party van Duitsland (KPD) in die Republiek van Weimar.
Hy het veral bekendheid verwerf deur sy optrede teen die kolonialistiese beleid van Europese moondhede, maar ook vir die sosialistiese filmkuns-eksperiment Mezjrabpom wat hy saam met die Sowjet-Russiese rolprentvervaardiger Moisei Aleinikof aangegaan het. Ná 1937 het hy met die KPD-partybeleid verskil en is uit die party verban.