William Henry Bell

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Professor William Henry Bell (1873 - 1946) was 'n Suid-Afrikaanse komponis. Hy is gebore op St. Albans, Engeland in 1873. In 1889 wen hy die Goss-beurs aan die Royal Academy of Music waar hy onder sir Charles V. Stanford werk. Van 1903 tot 1912 was hy professor in Harmonie. In 1912 word hy prinsipaal van die Suid-Afrikaanse Musiekkollege in Kaapstad. Hy is 'n komponis van verskeie Suid-Afrikaanse musiekstukke, insluitende 'n Kaapstadse simfonie. Hy is oorlede in 1946.

Bron[wysig | wysig bron]