Woudrichem
Woudrichem | |
---|---|
Voormalige munisipaliteit | |
Woudrichem | |
Ligging van die voormalige Woudrichem-munisipaliteit in Noord-Brabant | |
Koördinate: 51°49′00″N 5°00′00″O / 51.81667°N 5.00000°O | |
Land | Nederland |
Provinsie | Noord-Brabant |
Munisipaliteit | Altena |
Oppervlak | |
• Totaal | 51,65 km2 (19,94 vk. myl) |
• Land | 49,40 km2 (19,07 vk. myl) |
• Water | 2,25 km2 (0,87 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 14 391 |
• Digtheid | 291/km2 (750/vk. myl) |
Poskode | 4280-4288 |
Skakelkodes | 0183 |
Webwerf | www.woudrichem.nl |
Woudrichem (Brabants: Woerkem of Woerkum) is 'n stad en voormalige munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Noord-Brabant, wat aan die provinsies Gelderland en Zuid-Holland grens. Die voormalige munisipale gebied het sowat 14 000 inwoners (2012) en 'n oppervlakte van 52 km². Die stad Woudrichem (met die plek Oudendijk) het sowat 4 500 inwoners (2011).
Die voormalige munisipaliteit lê in die noordooste van die streek van die Land van Heusden en Altena. Verder lê die voormalige munisipaliteit suid van die Boven-Merwede-rivier (die stad Gorinchem lê aan die noordoewer) en wes van die Afgedamde Maas-rivier (die bekende Slot Loevestein lê aan die regteroewer).
Woudrichem het in 1356 stadsregte gekry.
Op 1 Januarie 2019 is Woudrichem opgegaan in die nuwe munisipaliteit Altena.
Plekke
[wysig | wysig bron]Plekke in die voormalige munisipale gebied van Woudrichem:
Almkerk, Andel, Bronkhorst, Duizend Morgen, Eng, Giessen, Oudendijk, Rijswijk, Stenenheul, Uitwijk, Uppel, Waardhuizen, Woudrichem (stad) en Zandwijk.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Woudrichem. |