Zahara

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Zahara
Zahara (South African musician).jpg
Agtergrondinligting
GeboortenaamBulelwa Mkutukana
Gebore9 November 1988 (1988-11-09) (31 jaar oud)
Phumlani, Oos-Kaap (Suid-Afrika)
GenresAfrosoul
Beroep(e)Sangeres-liedjieskryfster, digteres
InstrumenteAkoestiese kitaar
EtiketteEMI South Africa

Zahara, regte naam Bulelwa Mkutukana (gebore 9 November 1988 in Phumlani, Oos-Kaap), is 'n Suid-Afrikaanse sangeres. Haar musiek word losweg as "Afrosoul" geklassifiseer, en sy sing in haar moedertaal, Xhosa, asook in Engels.[1] Haar musiek is al beskryf as 'n mengsel van die style wat deur Tracy Chapman, India.Arie en die Nigeriese sangeres Aṣa gepopulariseer is.[2]

Zahara se debuutalbum Loliwe is in 2011 uitgereik. Die eerste stapel kopieë is binne 72 uur uitverkoop[1] en negentien dae later het die album die 100 000-verkoopsyfer oorskry.[3] Sy is slegs die tweede kunstenaar om hierdie mylpaal te behaal, ná Brenda Fassie wie se Memeza 500 000 kopieë net 'n paar weke ná vrystelling verkoop het.[3]

Sy verower 8 SAMA-toekennings vir haar album Loliwe by die 19de Suid-Afrikaanse Musiekpryse in 2013.[4]

Zahara is in die Phumlani informele nedersetting buite Oos-Londen in die Oos-Kaap gebore. Sy het van kleins af 'n voorliefde vir sang gehad en haar talent is raakgesien toe sy die hoofsanger van die plaaslike Sondagskool-koor in Phumlani geword het.

"Zahara" beteken "bloeiende blom".

Diskografie[wysig | wysig bron]

  • Loliwe (2011)
  • The Beginning Live (2012)
  • Nelson Mandela (2013)
  • Phendula (2013)
  • Country Girl (2015)

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 Zahara Sells Out In 72 Hours (Webartikel). MIO. URL besoek op 2011-10-18.
  2. "Zahara is going places real fast" (Webartikel). Sowetan (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2017. Besoek op 18 Oktober 2011.
  3. 3,0 3,1 "Zahara's CD flies off shelves". Sowetan (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike (Webartikel) op 15 Maart 2019. Besoek op 18 Oktober 2011.
  4. "SAMA Breaking News!" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2017. Besoek op 24 Maart 2017.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]