Zamiaceae

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Zamiaceae
Encephalartos lebomboensis
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
Divisie: Cycadophyta
Klas: Cycadopsida
Orde: Cycadales
Familie: Zamiaceae
Horan.
Genera

Sien teks.

Zamiaceae is die broodboom-familie wat hoort tot die orde Cycadales. Die broodboomfamilie hoort tot 'n orde wat reeds 235 tot 65 miljoen jaar gelede gefloreer het. Wêreldwyd hoort daar 150 spesies tot die familie waarvan 40 in Suider-Afrika voorkom en 35 is daarvan is bome.

Kenmerke[wysig | wysig bron]

Slegs die genus Encephalartos kom in Suid-Afrika voor. Dit omvat 32 spesies waarvan 17 boomgrootte bereik. Dié familie kry sy naam omrede die murg in die stamme van die meeste broodbome stysel van hoë gehalte lewer wat tot meel verwerk en brood daarmee gebak kan word.

Die krone van die bome bestaan uit groot, palmagtige blare en die bome word met boomvarings verwar. Broodbome produseer keëls in plaas van blomme. Die manlike en vroulike keël is op afsonderlike plante. Die sade is groot en langwerpig met 'n vlesige bedekking wat dikwels heldergeel, oranje of rooi kan wees. Die sade van sommige spesies is giftig.

Bewaring[wysig | wysig bron]

Broodbome is waardevolle versamelitems en dié bome wat in die natuur voorkom word almal streng bewaar. Ongelukkig verplant die bome maklik en word gesteel.

Spesies[wysig | wysig bron]

Spesies wat voorkom in Suid-Afrika:

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Zamiaceae (kategorie)

Bronne[wysig | wysig bron]