7’s Premierliga

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die 7’s Premierliga is ’n rugbykompetisie wat geskoei is op die formaat van die Indiese Premier Liga-kriekettoernooi. Die eerste toernooi van hierdie kompetisie het op 14 en 15 Desember 2012 op Outeniekwapark in George plaasgevind.[1][2]

Die toernooi bestaan uit twaalf spanne wat met die steun van privaatbeleggers die lig gesien het.

Die idee agter die toernooi was om die rugbyunie van die Suidwestelike Distrikte, die Arende, ’n finansiële hupstoot te gee nadat die Suid-Afrikaanse been van die IRR se internasionale sewesreeks na Port Elizabeth geskuif is en nadat die rugbyunie se beroepsarm in 2011 gelikwideer is.

Spanne[wysig]

Die twaalf spanne wat aan die in inleidingstoernooi deelgeneem het was:[3]

7s Premierligaspanne
Spannaam 2012 Resultaat
Blou Bulle 6de
Boland Kavaliers 8ste
Vrystaat Cheetahs 2de
Kaizer Chiefs 7de
Goue Leeus 9de, Bakwenners
Living Ball 5de, Plaatwenners
Mighty Mohicans 12th
Natalse Haaie 4th
NBM All Stars 3rd
Samurai Sevens 1ste, Bekerwenners
Vikings 11de
Westelike Provinsie 10de

Verwysings[wysig]

  1. Jordaan, Pieter (14 Februarie 2012). “George kry sewes met R1 m op die spel vir wenner”. (html) Beeld. URL besoek op 15 Februarie 2012.
  2. (en) 7’sPL gereed om George te skud”. (html) Sport24: 14 Februarie 2012. URL besoek op 15 Februarie 2012.
  3. (en) 7s Premierliga - Spanne”. 7s Premier League. URL besoek op 26 November 2012.