Adriaen van der Stel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Adriaan van der Stel of Adriaen van der Stel († Ceylon, 25 Mei 1646) was die goewerneur van Mauritius van 1639 tot 1645. Sy seun Simon van der Stel sou later kommandeur en goewerneur van die Kaap van Goeie Hoop word. Hy is opgevolg deur Jacob van der Meersch.

Van Der Stel het as nuwe goewerneur 8 November 1639 met die Cappel in Vieux Grand Port aangekom. In sy eerste jaar as goewerneur het Van der Stel Fort Frederik Hendrik op Mauritius herbou en bewapen met 14 kanonne. Hy het ook die garnisoen uitgebrei tot 80 man.[1] In 1642 voer Van der Stel die eerste slawe uit Madagaskar in om die arbeidsprobeleme op die eiland te probeer oplos.[2]

Verwysings[wysig]

  1. VOCsite Mauritius, Besoek op 1 Mei 2007
  2. Barbara Valentine, The Dark Soul of the People. Slaves in Mauritius, 2000, South African Data Archive, 2001, Afgelaai op 1 Mei 2007