Aeroflot

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Aeroflot
’n Iljoesjin Il-96-300 van Aeroflot
IATA-kode SU
ICAO-kode AFL
Gestig 9 Februarie 1923
Hoofkwartier Moskou
Hooflughawe Sjeremetjewo
Aantal vliegtuie 101
Aantal passasiers 11,2 miljoen (2010)
Alliansie SkyTeam
Bestemmings 108 lughawens
54 lande
Webtuiste (ru) www.aeroflot.ru
(en) www.aeroflot.ru


Aeroflot (Russies: ОАО «Аэрофлот - Российские авиалинии») is die grootste lugdiens van Rusland. In die tyd van die Sowjetunie was dit die grootste lugdiens in die wêreld – op sy hoogtepunt in 1991 het die vloot uit 50 000 vliegtuie bestaan. Ná die verbrokkeling van die Sowjetunie is die maatskappy in tientalle kleiner maatskappye opgedeel, waarvan baie sedertdien bankrot gegaan het. Aeroflot het tans sowat 100 vliegtuie en vlieg na 108 bestemmings in 54 lande. Die Sjeremetjewo-lughawe by Moskou is die lugdiens se hooflughawe.

Geskiedenis[wysig]

In 1921, kort ná die einde van die Russiese Burgeroorlog, het die regering ’n aparte organisasie gestig vir lugverkeer. Op 9 Februarie 1923 is Dobroljot gestig vir binnelandse vlugte. Die eerste vlug op 15 Junie 1923 plaasgevind tussen Moskou en Nizjni Nowgorod. In 1930 is die naam na Grazjdanski wozdojesjni flot ("Burgerlugvloot") verander en in 1932 na Aeroflot.

Die lugdiens bestaan sedert 1994 in sy huidige vorm toe dit geprivatiseer is en die naam Aeroflot - Russian International Airlines gekry het. Die staat het steeds ’n meerderheidsaandeel van 51 persent. In 2000 is die naam verander na Aeroflot - Russian Airlines. In dié jaar is 5,1 miljoen mense en 107 000 ton vrag vervoer.

In 2002 het die lugdiens nog nege soorte vliegtuie gehad: ’n mengsel van Russiese, Boeing- en Airbus-vliegtuie. Die vloot is gemoderniseer en in 2010 was daar vier soorte: die Airbus A320, Airbus A330, Boeing 767 en Iljoesjin Il-96. Vanaf April 2006 is Aeroflot deel van die lugvaartorganisasie SkyTeam, ’n alliansie van internasionale lugdienste.

Operasionele gegewens[wysig]

In 1990 in die Sowjetunie is ’n rekordgetal van 90,8 miljoen passasiers vervoer, hoofsaaklik na bestemmings binne die land. Die verbrokkeling van die Sowjetunie het gelei tot ’n drastiese afname in lugverkeer. In 1999 het die getal passasiers gedaal tot net meer as 20 miljoen. Naas die verbrokkeling was die laer ekonomiese aktiwiteit en die wegval van subsidies aan die lugvaartbedryf die grootste oorsake van dié daling. In 2010 is 57 miljoen passasiers vervoer – 60 persent daarvan na internasionale bestemmings.

Vanaf Maart 2012 het die lugdiens die volgende vliegtuie:

Aeroflot-vloot
 Vliegtuig   In vloot   Bestellings   Passasiers 
Passasiersvliegtuie
Airbus A319-100 15 1 116
Airbus A320-200 43 6 140
Airbus A321-200 20 6 170
Airbus A330-200 5 241
Airbus A330-300 10 6 302
Airbus A350-800 18[1] Nie bekend
Airbus A350-900 4[1] Nie bekend
Boeing 737–700 15 Nie bekend
Boeing 737–800 25 Nie bekend
Boeing 737-900ER 10 Nie bekend
Boeing 767-300ER 9 218
Boeing 777-300ER 16[2] Nie bekend
Boeing 787-8 22[2] Nie bekend
Iljoesjin Il-96-300 6 282
Irkoet MS-21 50[3] Nie bekend
Soechoi-superjet 100-95 6 24 87
Vragvliegtuie
McDonnell Douglas MD-11F 3 NVT
Totaal 117 203

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 "Airbus Wins Aeroflot A350 Order, Offers Russia Role (Update2)", Bloomberg, 22 Maart 2007. URL besoek op 17 Desember 2010.
  2. 2,0 2,1 Boeing Orders and Deliveries by Customer”. Boeing: Augustus 2011. URL besoek op 2011-9-26.
  3. Aeroflot sends plans to buy local aircraft to government | Business | RIA Novosti”. En.rian.ru: 19 Augustus 2010. URL besoek op 12 Julie 2011.


Crystal txt.png Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia