Alytus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Alytus
Alytus del puslapio.jpg

Kaart Wapen
LietuvaAlytus.png
Coat of arms of Alytus (Lithuania).svg
Vlag
Flag of Alytus.gif
 Land Vlag van Litaue Litaue
 Administratiewe gewes Alytus County flag.png Alytus
 Koördinate 54°24′N 24°2′O
 Stigting (eerste verwysing) 1377
 Stadstatus 1581
 Oppervlakte:  
 - Totaal 48 vk km
 Hoogte bo seevlak 93 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2011) 63 654
 - Bevolkingsdigtheid 1 326/vk km
 Tydsone EET (UTC +2)
 - Somertyd EEST (UTC +3)
 Klimaat  
 - Tipe Kontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur -
 - Gem. temp. Januarie/Julie -
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae -
 Burgemeester Česlovas Daugėla
 Amptelike Webwerf http://www.alytus.lt/

Alytus is die sesde grootste stad van Litaue met 'n oppervlakte van 40 vierkante kilometer en 'n bevolking van 63 654 in 2011. Die stad, wat 65 kilometer suid van Kaunas en 108 kilometer suidwes van Vilnius aan weerskante van die Nemunas-rivier geleë is, is 'n beduidende administratiewe en nywerheidsentrum in die suidelike etnografiese gewes Dzūkija en die hoofstad van die administratiewe gewes Alytus (Litaus: Alytaus apskritis).

Geskiedenis[wysig]

Vanweë sy strategiese ligging was Alytus eeue lank 'n omstrede nedersetting wat in die gevegte tussen Litause magte en Duitse kruisridders sentraal gestaan het. Later het Pruise, Pole en Russe pogings onderneem om Alytus in te neem. Die burgheuwel (Piliakalnis) by die samevloeiing van die Alyputin- en die Nemunas-rivier dateer uit hierdie vroeë tydperk. Omstreeks 1340 was hier 'n vesting van vors Keštutis, Aliten, geleë.

Die eerste historiese verwysing na Alytus in 'n kroniek van Wigand von Marburg dateer uit die jaar 1377. In 1581 het Alytus stadstatus volgens die Maagdenburgse Reg verkry.

Aangesien die Nemunas-rivier in die geskiedenis dikwels 'n grenslyn gevorm het, was Alytus verskeie kere in twee helftes verdeel. Die eerste verdeling het uit 'n vredesooreenkoms tussen Litaue en die Duitse Ridderorde voortgespruit wat in 1422 gesluit is. In 1795 is die stad tussen Pruise en Rusland en in die tydperk voor die Tweede Wêreldoorlog tussen Pole en Litaue verdeel.

Alytus is deur die oorlogshandelinge grotendeels verwoes en onder die Sowjet-bewind herenig. Die Nemunas-brug tussen die twee stadsdele is in 1960 voltooi. Vandag staan Alytus onder meer as hoofkwartier van Litaue se leidende vervaardiger van vonkelwyn en ander alkoholiese dranke, Alita, bekend.

Ekonomie[wysig]

Alytus is vandag 'n beduidende nywerheidstad waar naas Alita en chemiese fabrieke ook die bekende Litause vervaardiger van koel- en vrieskaste, Snaigė (letterlik "Sneeuvlok"), sy hoofkwartier het. Die stad beskik daarnaas oor 'n aantal vakskole.