Anna van Pole

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Anna van Pole
Koning van Pole en Grootvors van Litaue
Anna van Pole in haar bekroningsornaat
Anna van Pole in haar bekroningsornaat
Vorstehuis Jagiello
Titels Anna, koning van Pole deur God se genade, Grootvors van Litaue
Regeer 15 Desember 1575 - 1586
Kroning 1 Mei 1576 in Warskou
Voorganger Hendrik van Valois
Interrex (1574-1575)
Opvolger Interrex (1586-1587)
Sigismund III Wasa
Volle naam Anna Jagiellonka
Gebore 18 Oktober 1523; Krakau, Pole
Oorlede 9 September 1596; Warskou, Pole
Begrawe Wawel-katedraal, Krakau
Eggenoot Stefanus Báthory
Vader Sigismund I van Pole
Moeder Bona Sforza
Handtekening Autograph of Anna Jagielonka.PNG

Anna van Pole, dikwels ook Anna Jagiellonica (Pools Anna Jagiellonka, Litaus Ona Jogailaitė) genoem; * 18 Oktober 1523 in Krakau; † 9 September 1596 in Warskou; was 'n Pools-Litause prinses uit die huis Jagiello en die dogter van koning Sigismund I.

Anna, die laaste lid van die Huis Jagiello, is saam met haar destydse verloofde Stefanus Báthory as mede-heerser in die tweede verkiesing van die Pools-Litause Gemenebes verkies. Sy het formeel vanaf 1575 tot met haar afsterwe as verkose staatshoof van Pole-Litaue ("koning" van Pole en grootvors van Litaue) geregeer.

Titel[wysig]

Anna se amptelike titel was, net soos dié van Hedwig van Pole, inderdaad Król Anna (Latyns: Anna Dei Rex Poloniae; "Anna van Gods Genade Koning van Pole") of "Koning Anna" aangesien sy in haar eie reg heerseres van die koninkryk was. Alle gekroonde hoofde van Pole het hierdie titel sonder aansien van geslag gedra. Die eggenotes van konings het die titel Królowa (Latyns: Regina Poloniae) gedra en eers met hul huwelik koningin geword.