Antibes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Antibes
Antibes in die winter, met die Vooralpe in die agtergrond
Antibes in die winter, met die Vooralpe in die agtergrond
Wapen van Antibes
Wapen
Ligging van Antibes op 'n kaart (Frankryk)
Antibes
Antibes
Koördinate: 43°43′51″N 7°07′26″O
Land Vlag van Frankryk Frankryk
Gewes Flag of Provence-Alpes-Cote dAzur.svg Provence-Alpes-Côte d'Azur
Département Nice Arms.svg Alpes-Maritimes
Arrondissement Grasse
Kanton Antibes-Biot en Antibes-Centre
Stigting 340 v.C.
Regering
 - Burgemeester Jean Leonetti
Oppervlak
 - Stad 26,48 km²  (10,2 vk m)
Hoogte 0–163 m (0–535 vt)
Bevolking (2009)
 - Stad 76 994
 - Digtheid 2 908/km² (7 531,7/myl2)
Poskode 06600, 06160
Skakelkode(s) 06004
Webwerf: antibes-juanlespins.com

Antibes is 'n stad in die département Alpes-Maritimes in die suid-ooste van Frankryk, aan die voet van die Alpe en langs die Côte d'Azur tussen Cannes in die ooste en Nice in die weste, met sowat 77 000 inwoners.

Antibes is saam met die vakansieoord Juan-les-Pins en sy see- en jaghawe Port Vauban (die grootste jaghawe in Europa) 'n gewilde toeristebestemming. Die stad lê naby die grootpad Autoroute 8 ("La Provençale"), die spoorweg tussen Marseille en Monaco en die lughawe van Nice.

Geskiedenis[wysig]

Antibes word omstreeks 340 v.C. deur Griekse koloniste gestig, en die huidige naam is afgelei van die Griekse Antipolis ("die stad teenoor" Nice). In die Romeinse tydperk vorm Antipolis 'n municipium (Romeinse stad).

Tussen 400 en 1244 is Antibes die setel van 'n biskop; die setel word later na Grasse verskuif. In die jaar 1481 word Antibes as 'n deel van die graafskap Provence by Frankryk ingelyf en speel 'n belangrike rol as grensstad met Savoie. In die 17de eeu word die stad en sy hawe deur die argitek Vauban versterk. Napoléon I Bonaparte land na sy terugkeer van die eiland Elba in die stadswyk Golfe-Juan. Die vakansieoord Juan-les-Pins word in 1882 gestig.

Besienswaardighede[wysig]

'n Klein straatjie ("ruelle") in die ou stadskern van Antibes

Die strande en die jaghawe is die belangrikste besienswaardighede. Die Musée Picasso in die Château Grimaldi vertoon kunswerke van Pablo Picasso, wat hy tydens sy verblyf in Antibes geskep het - keramiek, sketse, tekeninge en skilderye. Sy ligging vlak by die Middellandse See maak van hierdie museum een van die mooiste instellings van sy soort in Frankryk.

Eksterne skakels[wysig]