Baviaanskloof Wildernisarea

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Baviaanskloof Wildernisarea is geleë in die Oos-Kaap en is 288 087 hektaat groot. Dit sluit die Baviaanskloof, Groendal en Formosa Natuurreservate in. Die area is meer bekend vir sy ongelooflike natuurskoon as die Fauna en Flora. Die area is bergagtig met baie riviere en ravyne. Die hoogste punt in die area is Cockscomb (1758 m) in die Groot-Winterhoekberge.

Vislewe[wysig]

Daar kom dertien spesies voor in riviere en damme in die park. Van hulle is die Kaapse kurper (Sandelia capensis), Goud-ghieliemientjie (Barbus pallidus), Kleinskub-rooivlerkie (Pseudobarbus asper) en Oos-Kaapse rooivlerkie (Pseudobarbus afer). Uitheemse spesies wat ingevoer en losgelaat is met rampspoedige gevolge is die Skerptandbaber (Clarias gariepinus), Grootbek-baars (Micropterus salmoides) en die Vleikurper (Tilapia sparrmanii).

Bron[wysig]

  • National Parks and Nature Reserves. Chris & Mathilde Stuart. Struik Travel and Heritage. 2012. ISBN 978-1-77007-742-3
Panorama oor die Baviaanskloof Wildernisarea.
Panorama oor die Baviaanskloof Wildernisarea.

Koördinate: 33°30′0″S 24°8′0″O