Berlyn-Brandenburg Internasionale Lughawe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Berlyn-Brandenburg Internasionale Lughawe
Flughafen Berlin Brandenburg "Willy Brandt"
2012-ber-mainpier.jpg
Lugfoto van die nuwe lughawe in 2012
IATA: BERICAO: EDDD
Opsomming
Tipe lughawe onder konstruksie
Eienaar/Operateur Flughafen Berlin Brandenburg GmbH
Bedien Berlyn, Duitsland
Ligging Schönefeld, Brandenburg
Gebou sedert 5 September 2006
Hoogte bo seevlak 157 vt / 48 m
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
07L/25R 3 600 11 811 Teer
07R/25L 4 000 13 123 Beton
Die beplande lughawe in 2013
Ligging van die lughawe naby Berlyn
Beplande wêreldwye bestemmings van die lughawe

Die Berlyn-Brandenburg Internasionale Lughawe (Duits: Flughafen Berlin Brandenburg – Willy Brandt[1], kort BER) is 'n nuwe internasionale lughawe wat tans net suid van die Duitse hoofstad Berlyn in Schönefeld (deelstaat Brandenburg, distrik Dahme-Spreewald) gebou word. Die beplande IATA-kode sal BER en die beplande ICAO-kode EDDB wees.

Die nuwe lughawe sal met sy voltooing die huidige twee Berlynse lughawens Berlyn-Tegel (sluiting beplan) en Berlyn-Tempelhof (op 30 Oktober 2008 gesluit)[2] vervang[3][4] en feitlik 'n suidelike uitbreiding van die bestaande geriewe in Berlyn-Schönefeld wees, alhoewel net die huidige suidelike baan van Schönefeld by die nuwe projek ingesluit sal word. Die nuwe lughawe, wat deur die Flughafen Berlin Brandenburg GmbH (FBB) beheer sal word, is een van die grootste infrastruktuurprojekte in Duitsland wat in die vroeë 21ste eeu aangepak is en die grootste lughawebouterrein in Europa.[5]

Vertraging in voltooiing[wysig]

Die lughawebouterrein in Maart 2012

Na 'n paar jaar van vertragings is die openingsdatum bepaal as laat Junie 2012, maar weens tegniese probleme en ontwerpfoute kon dit nie gehaal word nie.[6] In Augustus 2013 het die raad van die lughawe 'n gedeeltelike opening in die lente 2014 beplan. Teen Oktober 2013 moes 'n nuwe skedule vir die totale voltooiing in plek wees, maar in Januarie 2014 is aangekondig dat 'n opening gedurende 2014 onmoontlik blyk te wees.[7]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: