Blougaai

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Blougaai
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Passeriformes
Familie: Corvidae
Genus: Cyanocitta
Spesie: C. cristata
Binomiale naam
Cyanocitta cristata
(Linnaeus, 1758)
Globale verspreiding: Geel: broeigebied; Groen: heel jaar woonagtig; Blou: oorwintering.
Globale verspreiding: Geel: broeigebied; Groen: heel jaar woonagtig; Blou: oorwintering.

Die Blougaai (Cyanocitta cristata) is 'n sangvoël inheems aan Noord-Amerika. Hulle het opvallende laventelblou vere op die kop en rug. Vere op die onderlyf is gebroke wit. Hulle het 'n swart kraag om die nek en word ongeveer 30 cm lank.[2]

Verspreiding[wysig]

Die blougaai kom oor 'n groot deel van die oostelike helfte van die Verenigde State van Amerika voor. Hulle is talryk in gemengde bos, maar is ook algemeen in parke en tuine.

Dieet[wysig]

Blougaaie is omnivore wat 'n verskeidenheid voedselsoorte benut. Hulle vreet onder andere sade, bessies, grondboontjies en brood, maar ook vleis, eiers en klein ongewerwelde diertjies.

Voortplanting[wysig]

Modder word gebruik om die nes in 'n geskikte boom of groot struik te bou. Beide die mannetjie en die wyfie bou saam aan hul nes. Daarna lê die wyfie haar eiers wat na 16 tot 18 dae uitbroei. Hulle maak die kuikens saam groot.

Fotogalery[wysig]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. BirdLife International (2012). “Cyanocitta cristata”. IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2013.2. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. URL besoek op 26 November 2013.
  2. Animal Life, Tirion Uitgewers BV, Baarn. ISBN 978-90-5210-774-5