Brasiliaanse Grand Prix

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Brasiliaanse Grand Prix is 'n Formule Een kampioenskapswedren wat in Interlagos, 'n distrik van die stad São Paulo in Brasilië plaasvind.

Die McLaren span was die suksesvolste hier met 12 oorwinnings in 'n Grand Prix. Alain Prost het dit die meeste keer, nl. ses keer gewen. Felipe Massa het dit twee keer gewen (2006 en 2008), beide vir Ferrari.

Koördinate: 23°42′04″S 46°41′49″W