Mercedes-Benz

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Mercedes-Benz
Mercedes-Benz free logo.svg
Tipe Aandelemaatskappy
Gestig 28 Junie 1926
Hoofkantoor Stuttgart, Duitsland
Sleutelpersone Dieter Zetsche
Gebied bedien Wêreldwyd
Industrie Motorvervaardiger
Produkte Motorvoertuie
vragmotors
busse
Binnebrandenjins
luukse voertuie
Dienste finansiële dienste
motorherstelwerk
Moedermaatskappy Daimler AG
Webwerf mercedes-benz.com

Mercedes-Benz is 'n handelsmerk vir motors en vragmotors van die Daimler-maatskappy (voorheen Daimler-Benz en DaimlerChrysler genoem), algemeen bekend as Mercedes.

Die oorsprong van die maatskappy dateer terug tot die 1800's. Beide Gottlieb Daimler en Carl Benz het onafhanklik die motorkar uitgevind, redelik naby aan mekaar in die suidweste van Duitsland. Daimler en Wilhelm Maybach was ook tesame die uitvinders van die vierslagenjin en beide het gewerk in Bad Cannstatt naby Stuttgart. Benz se winkel was in Mannheim geleë naby Heidelberg. Interessant genoeg is daar geen rekord dat die twee uitvinders mekaar ooit ontmoet het nie.

In Suid-Afrika is die Mercedes-aanleg op die Wesbank in Oos-Londen geleë. 'n Reuse verskepingsterminaal vir beide in- en uitvoer van Mercedesprodukte is sedert 2002 langs die Oos-Londense hawe gebou.

Gallerie[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Mercedes-Benz (kategorie)