El Paso

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

El Paso
El Paso Skyline.jpg

Kaart Wapen
ElPaso County ElPaso.svg
Seal ElPasoTX.jpg
Vlag
Flag of El Paso, Texas.svg
 Land Vlag van Verenigde State Verenigde State
 Deelstaat Flag of Texas.svg Texas
 County El Paso County
 Koördinate 31°47′N 106°25′W
 Gestig op 8 Desember 1659
 Geïnkorporeer op 1873
 Oppervlakte:  
 - Totaal 648,8 vk km
 Hoogte bo seevlak 1 140 m
 Bevolking:  
 - Totaal (Sensus 2010) 649 121
 - Bevolkingsdigtheid 944,7/vk km
 - Metropolitaanse gebied 2 031 319
 Tydsone MST (UTC -7)
 Somertyd MDT (UTC -6)
 Klimaat  
 - Tipe Subtropiese klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 18,1 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 7,3 / 28,3 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 246 mm
 Burgemeester John Cook
 Amptelike Webwerf elpasotexas.gov
Satellietbeeld van Ciudad Juárez (onderkant) en El Paso (bokant).
Die Rio Grande vorm die grens tussen Ciudad Juárez, Chihuahua (regs), en El Paso, Texas (links).

El Paso [ɛlˈpæsoʊ] is 'n groot stad in die suid-weste van die Verenigde State en is op 8 Desember 1659 deur Spanjaarde onder Fray García de San Francisco as Presidio Paso del Norte gestig. Die stad het 'n bevolking van 649 121 en van 2 031 319 in die metropolitaanse gebied Ciudad Juárez/El Paso in 2010 gehad en het 'n oppervlakte van 648,8 km². Dit is die administratiewe hoofstad van El Paso County.

Die stad is geleë in die buitenste weste van die Amerikaanse deelstaat Texas aan die Grens met die Meksikaanse deelstaat Chihuahua in die suide en Nieu-Meksiko in die noorde. El Paso is die enigste stad in Texas, wat die tydsone UTC-07:00 en UTC-06:00 in die somer soos Arizona, Colorado en Nieu-Meksiko gebruik.

Die stad lê aan die grens tot Meksiko naby Ciudad Juárez en word sedert die Amerikaanse oorwinning in die oorlog teen Meksiko in 1848 deur die Rio Grande van die suidelike susterstad geskei.

Sedert die stigting van die NAFTA met Kanada en Meksiko op 1 Januarie 1994 het die stad 'n demografiese afname ervaar, veral ná die suidelike susterstad Ciudad Juárez.