Texas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Deelstaat van Texas
Vlag van Texas Staatseël van Texas
Vlag van Texas Seël
Bynaam(e): Lone Star State, Golden State
Kaart van die Verenigde State met Texas uitgelig
Amptelike taal(e) Geen
Gesproke taal(e) Engels en Spaans
Hoofstad Austin
Grootste stad Houston
Area  2de in die V.S.
 - Totaal 696 241 km2
 - Wydte 402,5 km
 - Lengte 1 240 km
 - Water 17 574 km2
 - % water 2,5 %
 - Breedtegraad 32°30'N tot 42°N
 - Lengtegraad 114°8'W tot 124°24'W
Bevolking  1ste in die V.S.
 - Totaal 25 145 561
 - Digtheid 36,1/km2
28ste in die V.S.
Hoogte  
 - Hoogste punt Guadalupe Peak
2 667 m
 - Gemiddeld 520 m
 - Laagste punt Golf van Meksiko
seevlak
Toetrede tot die Unie  29 Desember 1845 (28ste)
Goewerneur Rick Perry (R)
Luitenant-Goewerneur David Dewhurst (R)
Wetgewer Texas Wetgewer
 - Hoërhuis Senaat
 - Laerhuis Huis van Verteenwoordigers
V.S. Senatore John Cornyn (R)
Ted Cruz (R)
Afkortings TX US-TX
Webblad www.texas.gov

Texas ([ˈtɛksəs], Engels: State of Texas) is 'n deelstaat in die sentrale suide van die Verenigde State van Amerika (VSA) met 'n oppervlakte van 696 241 vierkante kilometer en 'n bevolking van 25,1 miljoen.

Die administratiewe hoofstad is Austin, die grootste stad is Houston en die grootste metropolitaanse gebied is Dallas/Fort Worth. Texas is sowel ten opsigte van sy oppervlakte asook sy bevolking die tweede grootste Amerikaanse deelstaat - slegs Alaska het 'n groter oppervlakte, en net Kalifornië se inwonertal oorskry dié van Texas. In administratiewe opsig het geen ander deelstaat meer counties of administratiewe distrikte as Texas (254).

Die bynaam van Texas, Lone Star State, verwys na die historiese feit dat Texas reeds voor sy toetrede tot die Unie as 'n onafhanklike republiek bestaan het. In geskiedkundige en kulturele opsig het Texas, onder meer vanweë die geskiedenis van sy kolonisasie en sy lidmaatskap in die Konfederasie, nou bande met die Amerikaanse Suide. As 'n voormalige Spaanse en Meksikaanse besitting behoort die deelstaat egter ook by die Amerikaanse Suidweste.

Spanje was die eerste Europese land wat aanspraak op Texas gemaak het, en tot die einde van die Texaanse Onafhanklikheidsoorlog in die jaar 1836 het dit 'n deel van Meksiko gevorm. Tussen 1836 en 1845 het Texas as 'n onafhanklike republiek bestaan en daarna as 28ste deelstaat by die VSA aangesluit. Die Amerikaanse anneksasie van Texas was deel van die gebeurtenisse wat uiteindelik die aanleiding tot die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog en die Amerikaanse Burgeroorlog gegee het. Met die ontdekking van ruolie in die vroeë 20ste eeu het die vinnige ekonomiese ontwikkeling van Texas begin. Vandag beskik die deelstaat oor 'n gediversifiseerde ekonomie met 'n groeiende hoëtegnologiebedryf as sy basis.

Vlag van die Verenigde State Verenigde State van Amerika Seël van die Verenigde State
State AlabamaAlaskaArizonaArkansasColoradoConnecticutDelawareFloridaGeorgiaHawaiiIdahoIllinoisIndianaIowaKaliforniëKansasKentuckyLouisianaMaineMarylandMassachusettsMichiganMinnesotaMississippiMissouriMontanaNebraskaNevadaNew HampshireNew JerseyNieu-MeksikoNew YorkNoord-CarolinaNoord-DakotaOhioOklahomaOregonPennsilvaniëRhode IslandSuid-CarolinaSuid-DakotaTennesseeTexasUtahVermontVirginiëWashingtonWes-VirginiëWisconsinWyoming
Federale distrik Distrik van Columbia (Washington, D.C.)
Eilandgebiede Amerikaanse Maagde-eilandeAmerikaans-SamoaGuamNoordelike Mariana-eilandePuerto Rico
Klein afgeleë eilande BakerHowlandJarvisJohnstonKingmanMidwayNavassaPalmyraWake