Foto na Dans

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Foto na Dans
Alias FND
Oorsprong Bellville, Suid-Afrika
Genre(s) Emo, poppunk, alternatiewe rock, progresiewe rock
Instrument(e) Kitaar, baskitaar, klavier, trompet
Aktiewe jare 2005 - hede
Invloede Muse, Bloc Party, Springbok Nude Girls, Incubus
Webwerf fotonadans.co.za
Lede Le-Roi Nel (sang, kitaar)
Neil Basson (kitaar, sang)
John Haveman (baskitaar)
Alex Fourie (trompet, klavier)
Dirkie Uys (tromme)
Portal.svg Musiekportaal

Foto na Dans of FND was 'n Afrikaanstalige Suid-Afrikaanse musiekgroep wat gevorm is nadat vyf ouens dit gestig het slegs omdat hulle gevoel het hulle 'n behoefte het om musiek te maak.[1] Dit het die groep omtrent sewe jaar geneem om lede vir die groep te vind wat na hul sin die regte kombinasie sou wees. Ál die lede behalwe Nel was voorheen lid van Trompie is Dood wat die nasionale hoërskool rockkompetisie Rockspaaider gewen het in 2005. Van die lede van Trompie is Dood het die groep verlaat wat veroorsaak het dat die groep 'n sanger gekort het. Nel kon hierdie gaping vul.

Die groep word deur groepe soos Muse, Bloc Party, Springbok Nude Girls en Incubus geïnspireer, maar erken dat hul musiek selde ten volle met enige musiekstyl vergelyk kan word.

Foto na Dans is 'n projek wat streef daarna om die genot wat hulle uit musikale sintese put met almal wat belang stel te deel. Hulle noem hulself "'n Kulturele, musikale/multi-media reis wat oop is vir jou" en meld dat hulle 'n konsekwente visie het wat lui: "'n magdom klanke/visuele as simbool van ons gevoelens/idees/gedagtes".

Die groep se debuutvideo, Huiwerig, het binne 'n paar weke die A-lys op MK89 gehaal. Nadat hul kortspeler in Januarie uitgereik is, het Foto na Dans se optredes begin opslae maak. Die video van Soldaatvolk was drie weke agtereenvolgens nommer een op MK89 se Top-tien. Foto Na Dans het 'n EP wat vrygestel is op 13 Augustus 2008, Pantomime op Herwinbare Klanke. In 2010 het hulle hul laaste CD, Die Vloed vrygestel. Op 18 Januarie 2012 kondig die groep deur sy Facebookblad aan dat hulle na afloop van hul laaste toer vir ’n onbepaalde tyd ’n breuk sou neem.[2]

Diskografie[wysig]

Ateljeealbums[wysig]

  • Intervensie (2007)
  • Pantomime op Herwinbare Klanke (2008)
  • Die Vloed (2010)

Intervensie (2007)[wysig]

Foto na Dans het op 25 Junie begin om hul eerste vollengte ateljee-album, Intervensie, in B-Sharp Studios in Boksburg op te neem. Hulle was teen 22 Julie daarmee klaar. Die album bevat twaalf snitte en sal in September op die rakke wees. Vanaf 24 Junie het daar daagliks insetsels oor die verloop van die opname op www.fotonadans.co.za verskyn. Dit bevat dagboekinskrywings, foto's en 'n kykie agter die skerms. Foto na Dans sal teen die einde van September 2007 met die album begin toer. Aangesien die lede op universiteit studeer, sal dit beteken dat hulle verskeie van hul toetse sal misloop.

EP's[wysig]

  • Foto Na Dans EP (2007)

Enkelsnitte[wysig]

Titel Album Uitgewer
"Huiwerig" Foto Na Dans EP, 2007 Rhythm Records
"Soldaatvolk" Foto Na Dans EP, 2007 Rhythm Records
"Vergeet Van My" Intervensie, 2007 Rhythm Records
"Hou Jou Hande by Mekaar" Intervensie, 2007 Rhythm Records
"Natuurlik Verlig" Pantomime Op Herwinbare Klanke, 2008 Rhythm Records
"Die Wals" Intervensie, 2009 Rhythm Records

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Foto na Dans se MySpace
  2. Foto na Dans - Die laaste dans”. (html) Foto na Dans: 18 Januarie 2012. URL besoek op 22 Junie 2012.