Bellville

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bellville
(Twaalf Myl / Hardekraaltjie)
Lugfoto van Bellville met Valsbaai op die agtergrond.
Lugfoto van Bellville met Valsbaai op die agtergrond.
Ligging van Bellville op 'n kaart (Wes-Kaap)
Bellville
Bellville
Koördinate: 33°54′0″S 18°38′0″O Koördinate: 33°54′0″S 18°38′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Metropolitaanse Munisipaliteit Stad Kaapstad
Stigting 1861
Vernoem na Charles Davidson Bell
Oppervlak
 - Voorstad 52,39 km²  (20,2 vk m)
Bevolking (2011)
 - Voorstad 112 507
 - Digtheid 2 100/km² (5 439/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode Busse: 7535
Strate: 7530
Skakelkode(s) 021

Bellville is 'n voormalige stad in die Wes-Kaap (Suid-Afrika), maar is nou 'n residensiële voorstad van Kaapstad. Dit is sowat 20 kilometer vanaf Kaapstad se middestad geleë. Die Universiteit van Wes-Kaapland, die hoofkantore van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika en van Sanlam kan in die voorstad gevind word. Danksy die sentrale ligging, is dit ook naby die Kaapstad Internasionale Lughawe, 'n aantal gholfbane, die Kaapse wynroetes en verskeie winkelsentrums.

Geskiedenis[wysig]

Bellville was oorspronklik as "Hardekraaltjie" bekend. Hardekraaltjie was die enigste harde grond waarop waens uitgespan kon word op hul tog deur die Kaapse Vlakte se sand. Die Hardekraaltjie-karavaanpark beslaan vandag hierdie terrein.

Toe die spoorlyn van Kaapstad na Wellington Hardekraaltjie bereik, is daar 'n halte gemaak, wat "Durban Road" genoem is (Durbanville was vroeër bekend was as "D'Urban"). Durbanville was toe al 'n gevestigde gemeenskap, terwyl dié latere Bellville toe net begin ontwikkel het. Afrikaanssprekendes het Durban Road geken as Twaalf Myl, genoem na die leiklip-mylpaal met sy Romeinse XII wat by die hoek van Voortrekker- en Durbanweg staan. Dit was presies twaalf myl of 19,3 km van die Kaap. In 1861 is dit na die landmeter Charles Bell genoem. Bellville het in 1940 'n onafhanklike munisipaliteit geword en het in 1979 stadstatus verkry.

Sien ook[wysig]

Eksterne Skakels[wysig]


Vlag van Suid-Afrika

Provinsie Wes-Kaap

Hoofstad:

Kaapstad

Streke:

Eden | Kaapse Skiereiland | Kaapse Wynlande | Sentraal Karoo | Overberg | Weskus

Grootste stede en dorpe:

Kaapstad | George | Mosselbaai | Knysna | Oudtshoorn | Paarl | Robertson | Stellenbosch | Swellendam | Vredenburg | Worcester

Munisipaliteite:

Beaufort-Wes | Bergrivier | Bitou | Breedevallei | Kaap Agulhas | Cederberg | Drakenstein | Eden | George | Hessequa | Kaapstad | Kannaland | Knysna | Laingsburg | Langeberg | Matzikama | Mosselbaai | Oudtshoorn | Overberg | Overstrand | Prins Albert | Saldanhabaai | Sentraal Karoo | Stellenbosch | Swartland | Swellendam | Theewaterskloof | Weskus | Witzenberg