Geert Wilders

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Geert Wilders
Geert Wilders

Geert Wilders in 2010 in Zwolle


Parlementêre leier van die PVV in die Tweede Kamer
Ampsbekleër
Ampsaanvaarding
23 November 2006

Lid van die Tweede Kamer vir die PVV
Ampsbekleër
Amp betree
30 November 2006

Lid van die Tweede Kamer vir die Groep Wilders
Ampstermyn
2 September 2004 – 30 November 2006

Lid van die Tweede Kamer vir die VVD
Ampstermyn
26 Julie 2002 – 2 September 2004
Ampstermyn
25 Augustus 1998 – 23 Mei 2002

Persoonlike besonderhede
Geboorte 6 September 1963 (1963-09-06) (50 jaar oud)
Venlo, Nederland
Politieke party PVV (2006–hede)
Onafhanklik (2004-2006)
VVD (1989–2004)
Eggenoot/eggenote Krisztina Wilders (1992-hede)
Alma Mater Open Universiteit Nederland
Religie Geen (Agnostisisme)

Geert Wilders (gebore 6 September 1963 in Venlo) is 'n Nederlandse politikus wat aan die Party vir die Vryheid (PVV) behoort, 'n Nederlandse populistiese politieke party wat in 2006 gestig is en waarvan hy sedertdien die partyleier is. Sedert 1998 is hy 'n lid van die Tweede Kamer van die State-Generaal, tot 2004 vir die regs-liberale Volksparty vir Vryheid en Demokrasie (VVD) en tot 2006 vir die Groep Wilders, die voorloper van die PVV.

Wilders is gekant teen die immigrasie van (veral Moslemse) buitelanders, 'n felle teenstander van die Islamitiese godsdiens asook 'n groot voorstander van die vryheid van meningsuiting, asook vir swaarder strawwe. Ook staan hy bekend as pro-Israel en as 'n teenstander van 'n Palestynse staat.

Rutte-kabinet[wysig]

Wilders en sy party steun in die parlement sedert 14 Oktober 2010 die Rutte-kabinet. Hierdie minderheidskabinet, bestaande uit die Volksparty vir Vryheid en Demokrasie (VVD) en die Christen-Demokratiese Appèl (CDA), wil tot 2014 agtien miljard Euro bespaar op die begroting, immigrasie beperk en veiligheid verbeter.

Eksterne skakels[wysig]