Gemeenskap van Portugese Lande

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Gemeenskap van Portugese Lande (Portugees: Comunidade dos Países de Língua Portuguesa; CPLP) is 'n internasionale organisasie wat uit 8 lande bestaan. Die organisasie poog om die kollektiewe stem van die Portugees-sprekende wêreld te verteenwoordig. Hulle doel is om die belange, vooruitgang en welsyn van Portugees-sprekende mense te beskerm.

Die CPLP is op 17 Julie 1996 gestig en het aanvanklik 7 lede gehad. Die hoofkantoor van die CPLP is in die Palácio dos Condes de Penafiel in Lissabon.

Lidlande[wysig]

Lidlande van die CPLP ██ Lidlande
  1. Vlag van Angola Angola (Stigtingslid)
  2. Vlag van Brasilië Brasilië (Stigtingslid)
  3. Vlag van Guinee-Bissau Guinee-Bissau (Stigtingslid)
  4. Vlag van Kaap Verde Kaap Verde (Stigtingslid)
  5. Vlag van Mosambiek Mosambiek (Stigtingslid)
  6. Vlag van Oos-Timor Timor-Leste (sedert 2002)
  7. Vlag van Portugal Portugal (Stigtingslid)
  8. Vlag van São Tomé en Principe São Tomé en Principe (Stigtingslid)

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]