Grawende dikkop

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Grawende dikkop
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Gobiidae
Genus: Croilia
(Smith, 1955)[1]
Spesie: C. mossambica
Binomiale naam
Croilia mossambica
(Smith, 1955)[2]

Die Grawende dikkop (Croilia mossambica) is 'n varswater vis wat voorkom in mere en strandmere in KwaZulu-Natal en suidelike Mosambiek. In Engels staan die vis bekend as die Burrowing goby.

Voorkoms[wysig]

Die vis het glad nie skubbe nie. Die kop en lyf is lank met groot uitpeul oë en die stertvin is gepunt. Die vis is deurskynend met bruin kolle op die dorsale vin en kop. By die mannetjie het die stertvin vertikale strepe op en die wyfie het 'n enkele horisontale streep op die onderste rand. Die vis word tot 64 mm lank.

Habitat[wysig]

Die vis leef in uitgrawings in skoon sand, baie kere saam met die Gewone sandgarnaal in 'n simbiose verhouding. Hulle vreet bodem ongewerweldes en broei gedurende die somer. Die mannetjie is territoriaal van aard.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Smith J. L. B., 1955. An interesting new gobiiform fish from South Africa. Ann. Mag. Nat. Hist. (Ser. 12) v. 8 (núm. 86). 106-110.
  2. BioLib (en)

Eksterne skakel[wysig]