JSE

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Johannesburgse Aandelebeurs

JSE Beperk is die naam van die Johannesburgse aandelebeurs. Die JSE is die grootste aandelebeurs in Afrika en is geleë op die hoek van Maudestraat en Gwenlaan in Sandton, Gauteng (Suid-Afrika). Die JSE is tans die 16de grootste aandelemark ter wêreld.

In 2003 was daar ongeveer 472 maatskappye op die JSE gelys met 'n markkapitalisasie van VS$182,6 miljard (€158 miljard) en 'n gemiddelde maandelikse verhandeling van VS$6 399 miljoen (€5,5 miljard). Op 30 September 2006 was die markkapitalisasie by die VS$579,1 miljard.

Die JSE beplan om 'n pan-Afrika beurs op die been te bring deur aanvanklik aandele van Ghana, Namibië, Zimbabwe en Zambië te verhandel. Die inisiatief sal dan later uitgebrei word na ander Afrika-lande.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]