Joesif Joelijewitsj Karakis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Joesif Joelijewitsj Karakisb
Ио́сиф Ю́лиевич Кара́кис
Gebore 29 Mei 1902
naby Balta, Russiese Ryk
Oorlede 23 Februarie 1988 (op 85)
Kiëf, Oekraïense SSR, Sowjetunie
Nasionaliteit Vlag van Sowjetunie Sowjetunie
Ouers Borisowitsj Karakis
Frida Jakowlewna
Beroep argitek, stadsbeplanner, skilder en onderwyser

Joesif Joelijewitsj Karakis (Russies: Ио́сиф Ю́лиевич Кара́кис) (29 Mei 1902, naby Balta - 23 Februarie 1988, Kiëf) was ’n Sowjet-argitek, stadsbeplanner, skilder en onderwyser. Hy was een van die produktiefste argitekte van Kiëf.

Hy het dosyne argitektoniese monumente ontwerp, asook meer as 2 000 skole.[1] Hy was die argitek van meer as 4 000 geboue in die voormalige Sowjetunie.[1][2]

Projekte[wysig]

Huis van die Rooi Leër in Kiëf, 1934.

In Kiëf was hy onder meer verantwoordelik vir:

  • Nasionale Historiese Museum van die Oekraïne;
  • Huis van Beamptes – Groesjefskowo-str. 30 / 1 - nou die Sentrale Museum van Gewapende Magte van die Oekraïne;
  • Die trappe en skutmuur met lanterns by die ingang van die Nasionale Museum van Geskiedenis van die Oekraïne;
  • Huis van die Rooi Leër en Vloot in Kiëf (1932);
  • Rekonstruksie van die klub in Awiagorodke (1933-1934);
  • Restaurant "Dynamo" (1932-1934);
  • Rekonstruksie van die Teater van die Rooi Leër (1938);
  • Musiekskool en konsertsaal van die Konservatorium vir Musiek (1936-1937);
  • Joodse teater te Chresjtsjatik-str. 17 (1939);

Hy het ook verskeie gebou ontwerp of help ontwerp in Moskou (Koersk-stasie), Tasjkent, Chisinau, Bekabod (Oezbekistan), Charkof, Skomorochi, Komsomolsk, ens.

Panorama van Kiëf met ’n gebou van Karakis links.

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 Замах на Каракiса // Полiтика i Культура — 11—17 червня 2002 — №20(151). стр. 36—37. (автор Ярослав Тинченко) (Oekraïns)
  2. Символы Сталинской эпохи”. URL besoek op 14.12.2010. (Russies)