Jurga Ivanauskaitė

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Jurga Ivanauskaitė
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Gebore 14 November 1961
Vilnius, Litause SSR, Sowjetunie (tans Litaue)
Oorlede 17 Februarie 2007 (op 45)
Vilnius, Litaue
Nasionaliteit Vlag van Litaue Litaue
Beroep Skrywer, essayis en kinderboekskrywer
Bekend vir The Day that Never Happened
Gone with the Dreams

Jurga Ivanauskaitė (* 14 November 1961 in Vilnius; † 17 Februarie 2007 in Vilnius) was 'n Litause skryfster, essayis, toneelskryfster, skilderes en digteres.[1]

Ivanauskaitė het verskeie romans en twee kinderboeke met sprokies geskryf, asook essays en reisverhale in koerante gepubliseer. Haar werke is in Engels, Sweeds, Lets, Pools, Russies, Duits en ander tale vertaal.

Haar roman "Die Reënheks" vertel die verhaal van drie vroue in verskillende historiese tydperke wat aan tydgebonde onderdrukking blootgestel word en wie se liefde vir besondere mans onvervul moet bly. Die roman speel af in die moderne Vilnius kort ná die ontbinding van die Sowjetunie, in Jerusalem in die tyd van Jesus en in die Middeleeuse landelike Litaue. Haar kritiese benadering tot die Rooms-Katolieke geloof het vir Jurga Ivanauskaitė probleme in haar tuisland geskep. Die roman is intussen verfilm.

In haar latere lewe het Ivanaskautė, wat in 1994 'n besoek aan Indië gebring het, tot die boeddhisme aangetrokke gevoel en 'n aktivis vir Tibet geword. Met haar roman Placebo het sy tematies weer na haar tuisland Litaue en die huidige tydperk teruggekeer.

Jurga Ivanauskaitė is in 2007 op die ouderdom van 45 jaar in haar geboortestad Vilnius aan kanker oorlede.

Werke wat in Engels verskyn het[wysig]

  • The Day that Never Happened (short story) in: Lithuania in Her Own Words : Anthology of Contemporary Lithuanian Wriring, Tyto Alba 1997, Vilnius.
  • Gone with the Dreams (excerpt from novel) in: The Earth Remains: An anthology of contemporary Lithuanian prose, Tyto Alba 2002, Vilnius.

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]