Kransaasvoël

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kransaasvoël
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Falconiformes
Familie: Accipitridae
Genus: Gyps
Spesie: G. coprotheres
Binomiale naam
Gyps coprotheres
(Forster, 1798)
Gyps coprotheres

Die kransaasvoël is 'n aasvoël wat aangetref word in Suid-Afrika, Lesotho en Botswana. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie as gevolg van vergiftiging, versteuring in die broeikolonies en omdat hulle deur oorhoofse elektriese kabels doodgeskok word.

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Die kransaasvoël is 100–115 cm lank en het 'n donkerbruin bokant met 'n wit laerrug. Dit het donker vlugvere en witkleurige borsvere.

Habitat[wysig | wysig bron]

Hulle habitat is grasveld, savanne en woestynagtige areas. Hulle broei op kranslyste.

Verspreiding[wysig | wysig bron]

Kransaasvoëls kom hoofsaaklik in die Drakensberge en Oos-Kaap voor. Daar is ook 'n kolonie in die De Hoop-Natuurreservaat naby Bredasdorp in die Wes-Kaap.

Ander name[wysig | wysig bron]

  • Engels: Cape Griffon / Cape Vulture
  • Wetenskaplike naam: Gyps coprotheres

Sien ook[wysig | wysig bron]