Lietsjie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Lietsjie
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
(geen rang): Angiosperms
(geen rang): Eudicots
(geen rang): Rosids
Orde: Sapindales
Familie: Sapindaceae
Subfamilie: Sapindoideae
Genus: Litchi
Sonn.
Spesie: L. chinensis
Binomiale naam
Litchi chinensis
Sonn.[1]

Die Lietsjie (Litchi chinensis) is 'n smaaklike eetbare vrug.

'n Paar heel en 'n paar afgedopte lietsjievrugte
Lietsjies, rou
Voedingswaarde per 100 g
Energie 70 kcal   280 kJ
Koolhidrate     16.53 g
- Suikers  15.23 g
- Dieetvesel  1.3 g  
Vette 0.44 g
Proteien 0.83 g
Tiamien (Vit. B1)  0.011 mg   1%
Riboflavien (Vit. B2)  0.065 mg   4%
Niasien (Vit. B3)  0.603 mg   4%
Vitamien B6  0.1 mg 8%
Folate (Vit. B9)  14 μg  4%
Vitamien C  71.5 mg 119%
Kalsium  5 mg 1%
Yster  0.13 mg 1%
Magnesium  10 mg 3% 
Fosfor  31 mg 4%
Kalium  171 mg   4%
Natrium  1 mg 0%
Sink  0.07 mg 1%
Link to USDA Database entry
Vitamin B6/Folate values were available
Persentasies is relatief tot VS
aanbevelings vir volwassenes.
Bron: USDA Voedingstof-databasis

Die lietsjie (Litchi chinensis) is die enigste lid van die genus Litchi in die seepbessie familie Sapindaceae. Dit is 'n tropiese en subtropiese vrugteboom inheems aan die Guangdong- en Fujian-provinsies van Sjina, maar word nou in baie dele van die wêreld gekweek. [2] Die vars vrugte het 'n "klein, fyn witterige pulp" met 'n blomgeur en 'n geurige, soet smaak. Aangesien hierdie parfuum-agtige geur verlore gaan tydens die inmaakproses, word die vrugte eerder vars geëet. [3]

Die immergroen boom bereik 'n hoogte van 10-28 meter, die lietsjie dra vlesige vrugte wat tot 5 cm (2 duim) lank en 4 cm (1.6 duim) breed word. Die buitekant van die vrugte word bedek deur 'n pienk-rooi, growwe skil wat oneetbaar is, maar maklik afgedop word om 'n laag soet, wit vlees bloot te stel. Lietsjies word in baie verskillende nageregte geëet, en is veral gewild in Sjina, die hele Suidoos-Asië, Suid-Asië, Indië en dele van Suider-Afrika. [4]

Verwysings[wysig]

  1. Litchi chinensis Sonn”. Germplasm Resources Information Network. United States Department of Agriculture: 1995-10-17. URL besoek op 2010-01-19.
  2. Lychee”. Morton Morton, J. 1987. Lychee. p. 249–259. In: Fruits of warm climates. Julia F. Morton, Miami, FL. URL besoek op 2013-10-30.
  3. Taxon: Litchi chinensis Sonn. subsp. philippinensis (Radlk.) Leenh.”. Germsplasm Resources Information Network, USDA. URL besoek op 2013-10-30.
  4. Courtney Menzel (2005). Litchi and longan: botany, production and uses. Wallingford, Oxon, UK: CABI Pub, 26. ISBN 0-85199-696-5. 
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.