Mauna Kea

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Mauna Kea
Mauna Kea10.jpg
Die sneeubedekte piek van Mauna Kea,
soos gesien vanuit die Kohala-berg
Ligging: Big Island, Hawaii (VSA)
Hoogte: 4 205 (voet tot piek: 10 205) meter
Reeks: Hawaii-Emperor-bergreeks
Koördinate: 19°49′15.7″N, 155°28′06.0″W
Bergtipe: Skildvulkaan
Rotsouderdom: 400 000 jaar
Laaste uitbarsting: ~2460 v.C. ± 100 jaar

Mauna Kea is 'n slapende vulkaan op Big Island (Hawaii), die grootste eiland van die Amerikaanse deelstaat Hawaii, en een van altesaam vyf vulkane waaruit hierdie eiland bestaan. Pu'u Wekiu, een van talle slakkekeëls op die piekplato, is die hoogste punt in die deelstaat op 'n hoogte van 4 205 meter (13 796 voet) bo seevlak.

Mauna Kea op die eiland Hawaii

Mauna Kea is een van die hoogste bergspitse ter wêreld as 'n mens sy hoogte vanaf die voet meet wat teen 'n diepte van 5 800 meter (19 000 voet) onder die seespieël van die Stille Oseaan lê. Mauna Kea bereik sodoende 'n totale hoogte van 10 205 meter (33 000 voet).

In die inheemse Hawaise taal beteken Mauna Kea letterlik "Wit Berg", 'n verwysing na sy piek wat gedurende die wintermaande gewoonlik met sneeu bedek is.

Mauna Kea het in die 1960's bekendheid verwerf as die oefenterrein vir die ruimtevaarders van die Apollo-ekspedisies en staan vandag veral bekend vir sy sterrewagte teen 'n hoogte van 3 400 meter.

Sien ook[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Mauna Kea (kategorie)