Mungo Park

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Mungo Park miniature.jpg

Mungo Park

Skotse ontdekkingsreisiger


Beduidende werke

Mungo Park cover1859.jpg

Travels in the Interior Districts of Africa (1816)

Mungo Park (* 11 September 1771 in Foulshiels naby Selkirk, Skotland; † Januarie of Februarie 1806 naby Bussa, Nigerië) was 'n Britse ontdekkingsreisiger in Afrika.

Sy twee reise, wat hy tussen 1795 en 1797 en tussen 1805 en 1806 onderneem het, het hom na die Gambia- en as eerste Europeër na die Nigerrivier geneem. Tydens sy eerste reis in opdrag van die African Association is hy gevange geneem, maar het daarin geslaag om te ontsnap. Aangesien hy sy reistoerusting kwytgeraak het, kon hy net danksy die bystand van 'n Afrikaan oorleef. Sy reisverslag Travels in the Interior Districts of Africa was destyds 'n blitsverkoper en word vandag steeds by die klassieke reisliteratuur gereken.

Tydens sy tweede reis na die Nigerrivier, wat deur die Britse regering gefinansieer is, is hy in 1806 deur inheemse persone vermoor.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Mungo Park (kategorie)