Murat IV

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Murat IV
Sultan van die Ottomaanse Ryk
Kalief van Islam
Murad IV.jpg
Volle naam Sultan Murat IV Ghazi
Ottomaanse naam مراد رابع
Tydperk 1623–1640
Stadium Groei van die Ottomaanse Ryk
Huis Osman
Voorganger Mustafa I
Opvolger Ibrahim
Toegra Tughra of Murad IV.svg

Murat IV Ghazi (Ottomaanse Turks: مراد رابع, moderne Turks: IV.Murat; 26/27 Julie 1612 – 8/9 Februarie 1640) was van 1623 tot 1640 sultan van die Ottomaanse Ryk.

Hy was bekend vir die herstel van die mag van die staat asook die wreedheid van sy metodes. Murat was die seun van sultan Ahmet I en ’n Griekse ma. Hy het in 1623 aan die bewind gekom ná ’n paleis-sameswering toe hy sy oom Mustafa I opgevolg het. Hy was net 17 jaar oud toe hy sultan word.

Bewind[wysig]

Sy ma het vir ’n lang tyd namens hom regeer. Ná opstande en ’n rebellie deur die paleiswag was Murat bang hy sou soos sy ouer broer, Osman II, vermoor word en het besluit om sy mag te laat geld.

Hy het korrupsie probeer stopsit en alkohol, koffie en tabak in Istanboel verbied.[1] Enigiemand wat die verbod verbreek het, is tereggestel. Hy het self saans die strate in burgerlike klere gepatrolleer. Hy was ’n groot, lang en dapper man wat self sy leërs aangevoer het.

Murat IV, wat alkohol verbied het, is in 1640 dood aan sirrose van die lewer. Op sy sterfbed het hy opdrag gegee dat sy broer, Ibrahim, vermoor word. Dit sou die einde van die Ottoman-lyn gewees het. Die opdrag is egter nie uitgevoer nie en Ibrahim het hom opgevolg.

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]
  1. Hopkins, Kate (2006-03-24). “Food Stories: The Sultan's Coffee Prohibition”. URL besoek op 2006-09-12.
Ottomaanse sultans volgens tydperk
Opgang (1299–1453)   Osman IOrhanMurat IBajezid I • (Tussenregering) • Mehmet IMurat IIMehmet II
Groei (1453–1683)   Bajezid IISelim ISüleyman die ManjifiekeSelim IIMurat IIIMehmet IIIAhmet IMustafa IOsman IIMurat IVIbrahimMehmet IV
Stagnasie (1683–1827)   Süleyman IIAhmet IIMustafa IIAhmet IIIMahmoed IOsman IIIMustafa IIIAbdülhamid ISelim IIIMustafa IVMahmoed II
Verval (1828–1908)   Abdülmecid IAbdülazizMurat VAbdülhamid II
Ondergang (1908–1923)   Mehmet VMehmet VIAbdülmecid II