Noorweërs

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Noorweërs (Nore)
nordmenn
Norwegians (ethnic group).jpg
Totale bevolking: 10 tot 12 miljoen volgens skattings
Belangrike bevolkings  in: Noorweë: 4,3 miljoen[1]


VSA:  4,5 miljoen[2]
Kanada:  363 760[3]
Brasilië:  150 000 - 350 000
Argentinië:  50 000 - 200 000
Swede:  44 773[4]
Chili:  25 000 - 60 000
Denemarke:  15 782 [5]
Uruguay:  15 000 - 30 000
Australië:  15 000[6] Spanje:  12 586[7]
Verenigde Koninkryk:  10 000
Duitsland:  6 251[8]

Taal: Noors
Geloofsoortuiging: Evangelies-Luthers
Verwante etniese groepe: Dene, Swede, Duitsers, Yslanders, Faroërs, en in 'n mindere mate alle Germaanse volke en die Keltiese bewoners van die eiland Man

Noorweërs of Nore (Noors: nordmenn) is die grootste etniese groep in Noorweë, en die oorgrote meerderheid praat Noors as moedertaal. Daar word beraam dat daar wêreldwyd sowat 9,5 miljoen mense van Noorse afkoms is, waarvan 4,5 miljoen in Noorweë.

Etniese Noorweërs is nasate van Germaanse stamme wat reeds voor die Algemene Jaartelling na Skandinawië getrek het en hulle aan sy suid- en weskus met hulle fjorde gevestig het. Noorse Wikings het hulle vanaf die jaar 825 op die Faröer-eilande gevestig, vanaf 874 in Ysland en vanaf 986 in Groenland. Noorse setlaars het hulle daarnaas ook in Noordwes-Europese gebiede soos die huidige Verenigde Koninkryk en Normandië gevestig.

Noorweë[wysig]

Tans is daar sowat 4,6 miljoen etniese Noorweërs in Noorweë. Noorweërs is 'n etniese groep van Skandinawië en saam met Swede, Dene, Yslanders en die bewoners van die Faroëreilande regstreekse afstammelinge van die Noormanne.

Volgens 'n onlangse genetiese ontleding toon sowel mtDNA- en Y-chromosoom-polimorfismes 'n merkbare genetiese affiniteit tussen Noorweërs (net soos Swede) en ander Middel-Europeërs, veral Duitsers.[9]

Noorse emigrasie na Noord-Amerika[wysig]

Die vroegste Noors-Yslandse setlaar, wat hom in Noord-Amerika gevestig het, was Leif Eriksson wat omtrent 1003 tussen Kaap Cod en Nova Scotia voet aan wal gesit en 'n nedersetting gestig het.

In 1620 - die jaar waarin ook die pelgrimvaders aan boord van die Mayflower na Nieu-Engeland geseil het - het 'n Deens-Noorse ekspedisie aanspraak gemaak op 'n gebied langs die Hudson-seestraat van Noord-Kanada. Ses jaar later het 'n Noorse seeman met die naam Sand as tolk gedien toe Peter Minuit die skiereiland Manhattan van die Indiaanse Canarsee-stam gekoop het.

'n Amerikaanse posseël wat ter geleentheid van die eeufeesviering van die Noorse skip Restauration se aankoms in die VSA in 1925 uitgereik is

'n Dekade later het 'n groep Noorse setlaars hulle in die Sweedse kolonie in die Delaware-riviervallei gevestig, terwyl die Nederlandse grondbesitter Jan Vanderbilt in die kolonie New York met 'n Noorse vrou getrou het - die egpaar het die voorsate van een van die welvarendste families in die Nuwe Wêreld geword. Die totale aantal Noorse immigrante in die kolonie Nieu-Nederland het tussen 1630 en 1674 57 mense beloop.[10]

Die grootskaalse Noorse immigrasie na Noord-Amerika het in 1825 'n aanvang geneem toe Noorse emigrante vanaf die sloep Restauration uit Stavanger in New York-hawe voet aan wal gesit het. Tot by die jaar 1840 het slegs sowat 400 Noorweërs na die Verenigde State geëmigreer, maar tien jaar later het hierdie syfer al gestyg tot sowat 15 000. Kort ná die Amerikaanse Burgeroorlog (1861-1865) het die aantal immigrante weer gegroei, en in 1866 het meer as 15 000 Noorweërs geïmmigreer. In die tydperk voor die Eerste Wêreldoorlog het sowat 750 000 Noorse immigrante in die VSA aangekom.

Daar word beraam dat in die tydperk tussen 1825 en 1940 sowat 850 000 Noorweërs na oorsese bestemmings geëmigreer het. As mens hierdie syfer as 'n persentasie van die totale bevolking bereken het geen ander Europese land behalwe vir Ierland meer emigrante opgelewer nie. Van hierdie emigrante het sowat 'n kwart later teruggekeer na Noorweë, en ná die jaar 1890 het die meeste Noorweërs eerder tydelik in die VSA kom werk as om hulle hier permanent te vestig.

In die Verenigde State se sensus van die jaar 1990 het 3,9 miljoen mense hulself as nakomelinge van Noorse immigrante beskryf, terwyl daar in Kanada volgens die sensus van 2001 363 760 mense van Noorse afkoms was.[11] Ander groot groepe afstammelinge van Noorse immigrante word in lande soos Kanada, Australië en Nieu-Seeland aangetref. Vandag is sowat 6,5 miljoen mense wêreldwyd van Noorse afkoms.

Lees ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Totale bevolking van Noorweë: 4 681 400 [1]) - immigrante (387 000 [2]) =~ 4,3 miljoen
  2. Volgens die Amerikaanse Sensus van 2000 was 4 477 725 inwoners van Noorse afkoms
  3. [3]
  4. [4] Sweedse statistieke van 2005. Aantal Noorweërs in Swede op bl. 20
  5. Deense statistieke van Oktober 2005.[5]
  6. [6]
  7. [7]
  8. [8]
  9. http://hpgl.stanford.edu/publications/EJHG_2002_v10_521-529.pdf
  10. Cornelius, James M.: The Norwegian Americans. New York, NY: Chelsea House Publishers 1989, bl. 31-32
  11. Kanadese Sensus van 2001 - Uitgesoekte etniese oorspronge

Bronne[wysig]

  • Bjork, Kenneth O.: West of the Great Divide: Norwegian Migration to the Pacific Coast 1847-1893. Northfield, MN: Norwegian-American Historical Association 1958
  • Blegen, Theodore C.: Norwegian Migration to America 1825-1860. New York, NY: Arno Press 1969
  • Blegen, Theodore C.: Norwegian Migration to America. The American Transition. Northfield, MN: Norwegian-American Historical Association 1940
  • Føllesdal, John: Ancestors from Norway: An introduction to Norwegian genealogy research. Webwerf: [9] )
  • Rasmussen, Janet E. (red.): New Land Lives: Scandinavian Immigrants to the Pacific Northwest. Northfield, MN: Norwegian-American Historical Association 1993

Eksterne skakels[wysig]