Ontbyt

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Ontbyt is die eerste maaltyd wat geneem word nadat iemand van 'n nagrus ontwaak het, meestal vroegoggend geëet voor die aanvang van 'n dag se werk. [1] "Ontbyt" kan verwys na hierdie ete of verwys na 'n maaltyd bestaande ​​uit tradisionele ontbytkos (soos eiers, hawermout en wors) bedien te eniger tyd van die dag. Die woord verwys letterlik na die breek van die vastydperk van die vorige nag. [2]

Ontbytgeregte wissel van plek tot plek, maar sluit gewoonlik 'n koolhidraat in soos graan of roosterbrood, vrugte en/of groente, 'n proteïenvoedsel soos eiers, vleis of vis, en 'n drank soos tee, koffie, melk of vrugtesap. Ontbytgraan, pannekoek , wors, eierbrood, spek, vars vrugte, groente, eiers, sampioene, boontjies, muffins, plaatkoekies, roosterbrood met botter, margarien en/of konfyt is algemene voorbeelde van ontbytkos. Daar bestaan egter 'n veel groter verskeidenheid in voorbereiding en bestanddele as bogenoemde, wat meestal verband hou met waar in die wêreld die ontbyt genuttig word. [3]

Uitwerking op algemene gesondheid[wysig]

Kenners van menslike voeding het lank reeds verwys na ontbyt as die belangrikste maaltyd van die dag. Dit, na gelang van studies wat gevind het dat mense wat ontbyt oorslaan, buite verhouding geneig is om probleme met konsentrasie, metabolisme, gewig, en hartgesondheid te ontwikkel. [4][5][6] Die dieetkundige Monica Reinagel het aangevoer die metaboliese voordele oordrewe is, 'n verbetering in kognisie is gevind onder kinders, maar dis veel minder belangrik onder volwassenes. Reinagel verduidelik ook dat die skakel tussen die oorslaan van ontbyt en 'n verhoogde gewig geneig is om gedragsprobleme te veroorsaak deurdat die persoon die gebrek aan 'n gesonde ontbyt vergoed met peuselhappies, of eet selfs meer later. Dus is gewigstoename dan onvermydelik. [7]

Verwysings[wysig]

  1. (en) Breakfast - definition of breakfast by the Free Online Dictionary, Thesaurus and Encyclopedia”. Thefreedictionary.com. URL besoek op 28 Maart 2012.
  2. (en) Breakfast”. Etymonline.com. URL besoek op 2 Februarie 2013.
  3. (en) Geskiedenis van ontbyt”. URL besoek op 21 April 2011.
  4. (en) Waarom is ontbyt die belangrikste maaltyd van die dag?”. Mayo Clinic. URL besoek op 3 Junie 2009.
  5. (en) "Brekfis is 'die belangrikste maaltyd'", BBC, 7 Maart 2003. URL besoek op 3 Junie 2009.
  6. (en) Ontbyt sorg vir 'n gesonde hart”. Circulation: July 23, 2013. URL besoek op July 23, 2013.
  7. (en) Oorslaan van ontbyt is sleg vir jou”. URL besoek op 17 Februarie 2010.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.