Otjikoto-kurper

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Otjikoto-kurper
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Cichlidae
Subfamilie: Pseudocrenilabrinae
Genus: Tilapia
Spesie: T. guinasana
Binomiale naam
Tilapia guinasana
Trewavas, 1936

Die Otjikoto-kurper (Tilapia guinasana) is 'n varswater vis wat endemies is aan die Guinasmeer in Namibië. Die vis is ook gevestig in onder andere die Otjikotomeer. In Engels staan die vis bekend as die Otjikoto tilapia.

Voorkoms[wysig]

Die vis se voorkoms kan baie wissel; die kleure wissel van olyfgroen met donker vertikale strepe en rooigevlekte vinne tot 'n egalig swart of bont vis met wit, blou, geel en swart. Die broeiende mannetjies het 'n swart keel, pens en analevinne. Die vis word tot 14 cm lank.

Habitat[wysig]

Die vis leef in die Guinasmeer wat 'n ingevalle sinkgat is, 120 m in deursnee en meer as 'n 100 m diep. Tog neig hulle om langs die feitlik vertikale kante te leef, broei en vreet. Hulle vreet hoofsaaklik diatome en alge. Nou lysies word gebruik om op te broei en gebiede word afgebaken en verdedig, eiers word beskerm en versorg deur beide ouers.

Bewaringstatus[wysig]

Die vis word kritiek bedreig; die gebruik van plaaslike grondwater bronne en die impak van ingevoerde visse is 'n ernstige bedreiging vir die bestaan van die vis.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakel[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]