Outeniekwageelhout

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Outeniekwageelhout
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
Divisie: Pinophyta
Klas: Pinopsida
Orde: Pinales
Familie: Podocarpaceae
Genus: Afrocarpus
Spesie: A. falcatus
Binomiale naam
Afrocarpus falcatus
(Thunb.)
Sinonieme
  • Podocarpus falcatus (Thunb.) Endl.
  • Taxus falcata Thunb.

Die Outeniekwageelhout (Afrocarpus falcatus) is 'n inheemse boom wat tot 60m hoog kan word. Dit is die hoogste Suid-Afrikaanse boom en staan bekend as die "reuse van die bos". Hul blaredakke is oortrek met 'n mos wat as die 'ouman se baard' bekend staan. Die boom kom hoofsaaklik in die Tuinroete, vanaf Mosselbaai tot by Harkerville, voor. Die bome kan tot 600 jaar oud word. Die boom groei sowat 'n meter per jaar. Die boom floreer in volle son en het slegs matige water nodig. Die hout is gesog vir die maak van meubels; Knysna is veral bekend vir sy meubelmaakbedryf. Tans word slegs 'n sekere kwota Outeniekwageelhout bome per jaar afgekap.[1][2]

Grootbome[wysig]

Die meeste 'grootbome' in die Knysnabos is Outeniekwageelhoute. Die grootboom by Woodville staan 33m hoog, die omtrek van die stam is 4m en die boom is ongeveer 800 jaar oud. By Diepwalle-bosboustasie is seker die bekendste grootboom, van ongeveer 650 jaar oud. Die omtrek van die stam is 9.5m en dit is 40m hoog. Hierdie boom is vernoem na Koning Edward VII.[3]

Volksbenamings[wysig]

Die groot geelhoutbome staan ook in die volksmond bekend as Kalander(boom)[4] of Kalandergeelhout.[5] Ander volksname sluit in Outenikwa, Outenikwalander, Basteroutenikwa[4] en Sekelblaargeelhout. Boswerkers van Knysna vertel dat die hout van steeds groeiende bome vinnig deur kalanderkewers aangeval en beskadig word na dit afgekap word.[6]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
  2. Die Suid-Afrikaanse Gids. Feite en wenke. 2009. ISBN 978-1-86919-324-9
  3. Passes & Poorts. Getaway. Marion Whitehead. ISBN 978-1-77009-805-3
  4. 4,0 4,1 "Kalander" is volgens C.A. Smith 'n vervorming van "Outenikwalander" (kyk: Deel 5, Woordeboek van die Afrikaanse Taal, 1968)
  5. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. 1981. ISBN 0-628-00138-X
  6. Deel 5, Woordeboek van die Afrikaanse Taal, 1968