Paramaribo

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Paramaribo
Paramaribo-Waterkant.jpg

Kaart Wapen
Suriname-CIA WFB Map.png
Coats of arms of None.svg
Vlag
Flag of None.svg
 Land Vlag van Suriname Suriname
 Provinsie Paramaribo
 Koördinate 05°49′N 55°10′O
 Gestig op 1613
 Oppervlakte:  
 - Totaal 183 vk km
 Hoogte bo seevlak 3 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2004) 242 946
 - Bevolkingsdigtheid 1 327 /vk km
 - Metropolitaanse gebied
 Tydsone UTC -03:00
 Burgemeester

Paramaribo is die hoofstad en grootste stad van Suriname. Die stad het 'n bevolking van 242 946 in 2006 gehad en 'n oppervlakte 183 km². Paramaribo is waarskynlik 'n verbastering van 'n Indiaanse naam "Parmirbo". Die stad lê aan die wesoewer van die rivier Suriname. Die bynaam van Paramaribo is Par'bo. Die historiese stadsentrum is in 2002 deur UNESCO as 'n wêrelderfenisgebied gelys.

Geskiedenis[wysig]

By die Indiaanse dorp Parmibo is aan die begin van die 17de eeu 'n handelspos opgerig deur Nicolaes Baliestel en Dirck Claez. Dit het egter in Britse hande geval en die Britte het 'n fort, Fort Willoughby gebou. In 1667 het die fort en die ligging in Zeeuwse hande geval. Die fort word Fort Zeelandia, en Paramaribo word Nieuw Middelburg. Vanuit die fort word Paramaribo stadig uitgebrei.

Demografie[wysig]

Die Waterkant van Paramaribo soos vanaf die Suriname-rivier gesien.

Paramaribo het 'n oppervlakte van 183 km² waarop 242 946 mense woon. Paramaribo is van alle Surinaamse distrikte die kleinste maar ook die digsbevolkste. Ongeveer 50% van die Surinaamse bevolking woon in Paramaribo.

48% van die bevolking van Paramaribo is Christen, 14% Hindoe, 9% Moslem, 4% is andersgelowig, 4% het nie 'n geloof nie en 21% het by die volkstelling geen antwoord verskaf op hierdie vraag nie.

Nederlands is die mees algemeen gesproke taal. 64% van die mense praat Nederlands as moedertaal en by alle ander huishoudings as tweede taal. Ander tale wat gebruik word is Surinaams (Sranantongo), Sarnami Hindoestani en Javaans.

Eksterne skakels[wysig]