Perske

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Perske
"Autumn Red" perskes, dwarsdeursnit
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
(geen rang): Angiosperms
(geen rang): Eudicots
(geen rang): Rosids
Orde: Rosales
Familie: Rosaceae
Genus: Prunus
Subgenus: Amygdalus
Spesie: P. persica
Binomiale naam
Prunus persica
(L.) Stokes[1]
Perskebloeisels

Die perske, (Prunus persica), is 'n bladwisselende boom, 'n plant inheems aan Sjina en Suid-Asië, waar dit eerste verbou is. Dit dra die sappige, eetbare vrug wat ook 'n perske genoem word.

Die spesie se naam persica verwys na die wydverspreide verbouing in Persië, waarvan dit oorgeplant is na Europa. Dit behoort tot die genus Prunus wat ook die kersie en pruim insluit, in die familie Rosaceae.

Die perske word saam met die amandel geklassifiseer in die subgenus Amygdalus, onderskei van die ander subgenera deur hulle geriffelde saadomhulsel.

Top tien perskeproduserende lande gedurende 2011
Land Produksie (in ton)
Vlag van Volksrepubliek van Sjina Sjina 11 500 000
Vlag van Italië Italië 1 636 753
Vlag van Spanje Spanje 1 336 362
Vlag van Verenigde State VSA 1 176 610
Vlag van Griekeland Griekeland 690 200
Vlag van Turkye Turkye 545 902
Vlag van Iran Iran 498 346
Vlag van Chili Chili 319 919
Vlag van Frankryk Frankryk 301 770
Vlag van Argentinië Argentinië 284 970
Vlag van Brasilië Brasilië 222 180
Wêreld 21 510 180
Bron: FAOstat

Verwysings[wysig]

  1. Prunus persica”. The Plant List. 2010. URL besoek op 29 November 2012.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.